Man vas wat paramedici beroof
2011-11-13 17:59
Johannesburg – ‘n Nege-en-twintig-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering paramedici beroof het, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Drie paramedici is Vrydag deur drie mans beroof terwyl hulle na ‘n pasiënt in White City, Soweto, omgesien het, het Wayne Minnaar, woordvoerder, gesê.
Hulle is met ‘n mes gedreig.
Metropolisielede in die gebied het gereageer op ‘n radioboodskap en het daarin geslaag om een van die verdagtes vas te trek.
‘n Beursie, ‘n GPS-toestel en ‘n selfoon wat aan die paramedici behoort het, is teruggevind.
Die man sal Maandag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van roof.
Die ander twee verdagtes word steeds gesoek.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA