Man vas wat ouerhuis aan brand steek
2011-06-09 19:54
Johannesburg - ‘n Man is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy ouers se sinkhuis in Orange Farm, Johannesburg, aan die brand gesteek het.
Die ouers van die 22-jarige man was in ‘n huis op dieselfde erf as die sinkhuis toe hulle vlamme en rook gesien het, het kapt. Johannes Motsiri gesê.
Toe die polisie op die toneel opgedaag het, het die sinkhuis en al die meubels daarin reeds afgebrand.
Volgens Motsiri het die ouers nie geweet waarom hul seun die sinkhuis aan die brand gesteek het nie.
Die man is in hegtenis geneem en van brandstigting aangekla.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA