Man vas wat op polisie skiet
2011-09-10 13:37
Kaapstad – Die polisie het ‘n man in hegtenis geneem nadat hy in belhar, Kaapstad, op ‘n polisieman geskiet het, het polisie in die Wes-Kaap Saterdag gesê.
Die polisie het Vrydagaand ‘n verdagte motor na ‘n huis in Belhar agtervolg, het kapt. Frederick van Wyk gesê.
Toe die polisie die huis binnegaan het ‘n 38-jarige man op hulle begin skiet.
Een beampte is twee keer getref, maar hy het geen beserings opgedoen nie, aangesien hy ‘n koeëlvaste baadjie aangehad het.
Die man is in hegtenis geneem vir poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
In ‘n onverwante voorval het die polisie op dieselfde dag twee mans in Delft in hegtenis geneem toe twee pakkies tik en ‘n ongelisensieerde vuurwapen in hul motor gevind is.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA