Man vas wat glo ma vermoor
2012-01-12 17:57
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy ma vermoor het in Ngqamakwe in die Oos-Kaap, het die polisie Donderdag gesê.
“Die polisie het die 22-jarige man Woensdag by sy huis betrap, kort nadat familielede die moord aangemeld het,” het kapt. Jackson Manatha gesê.
Die vrou is deur ‘n klip getref terwyl twee van haar seuns baklei het by hul huis op 28 Desember. Dit is onbekend wat tot die bakleiery gelei het.
“Die man wat in hegtenis geneem is, het na bewering die klip na sy broer gegooi, maar dit het hom gemis en hul ma bo haar oog getref,” het Manatha gesê.
Sy het ses dae later in die Butterworth-hospitaal gesterf.
Die man sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA