Man vas wat 14-jarige probeer verkrag
2012-02-01 17:48
Johannesburg – ‘n Man is in Jabulani in Soweto in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ‘n 14-jarige meisie te verkrag, het die polisie in Johannesburg Woensdag gesê.
“Die meisie was Dinsdag op pad van haar skool toe ‘n 35-jarige man haar genader en in die bosse langs die pad ingesleep het,” het ao. Kay Makhubela gesê.
Terwyl die man nog met die meisie gestoei het, het inwoners ingetree en hom vasgetrek, waarna hulle die polisie gekontak het.
“Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn op ‘n aanklag vir poging tot verkragting.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA