Man vas wat 13-jarige seun probeer verkrag
2011-08-03 16:23
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ‘n 13-jarige seun in Zola, Soweto, te verkrag, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.
Plaaslike inwoners het glo gesien hoe die 37-jarige man Dinsdagaand met die seun in ‘n nabygeleë veld worstel, het ao. Kay Makhubele gesê.
Hulle het die polisie gekontak en hom omsingel sodat hy nie kon wegkom nie, het hy gesê.
Hy sal Donderdag op ‘n aanklag van poging tot verkragting in die Protea-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA