Man vas vir verkragting van vyfjarige
2011-11-07 17:19
Johannesburg – ‘n Johannesburgse man is in hegtenis geneem nadat ‘n vyfjarige meisie blykbaar verkrag is, het die polisie Maandag gesê.
Familielede van die kind het haar en die man Sondag saam kaal gevind in die agterkamer van sy huis in Naledi, het kapt. Fezile Malesa gesê.
Die polisie is in kennis gestel en het die man, wat blykbaar dronk was, in hegtenis geneem.
Hy sal Dinsdag in die Protea-landdroshof verskyn, het Malesa gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA