Man vas vir verkragting van tienermeisie
2011-12-20 10:48
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n 13-jarige meisie in Tsolo, 40 km noord van Mthatha, verkrag het, het die polisie in die Oos-Kaap Dinsdag gesê.
Volgens lt. kol. Mzukisi Fatyela is die man (22) Maandag omstreeks 22:00 in hegtenis geneem.
Hy het na bewering die meisie in haar huis verkrag, maar was nie aan haar bekend nie. Die polisie is in kennis gestel van die verkragting nadat die meisie gevind is waar die huis se deur oop gelaat is.
Volgens Fatyela sal die man na verwagting Woensdag in die Tsolo-landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA