Man vas vir verkragting van sy dogter
2011-11-10 20:08
Johannesburg – ‘n Man is in Grahamstad in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy dogter ontvoer en verkrag het, het die polisie in die Oos-Kaap Donderdag gesê.
Hy is Woensdag omstreeks 18:00 in hegtenis geneem, het kapt. Mali Govender gesê.
Volgens haar het die 43-jarige man, wat op parool vir moord was, sy 16-jarige dogter die eerste keer in September verkrag.
Hy het daarna in die hof verskyn en is op borgtog van R500 vrygelaat.
Die man het toe op 9 Oktober sy dogter ontvoer nadat sy van ‘n vakansie teruggekeer het. Hy het haar toe na bewering weer verkrag en haar erg aangerand voor sy kon ontsnap.
Die man sal na verwagting in die Grahamstad-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en verkragting.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA