Man vas vir niggie se verkragting
2010-09-06 13:43
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy 17-jarige niggie in Sharpeville verkrag het terwyl sy gebad het, het polisie in Gauteng Maandag gesê.
Die 30-jarige man het die meisie glo verkrag toe hy haar alleen by die huis gevind het, het ao. Aubrey Moopeloa gesê.
Die man het aan die deur geklop en toe die meisie sê hy kan nie inkom nie het hy glo die deur oopforseer, haar op ‘n bed neergegooi en verkrag.
Die meisie het geskree en ‘n buurman het tot haar redding gekom.
Die polisie is uitgeroep en die man is in hegtenis geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA