Man vas vir moord op vriend
2009-08-13 11:02
Johannesburg - ‘n Man van Umzimkulu in die Oos-Kaap is Donderdag in hegtenis geneem op die moord van sy vriend.
Volgens die polisie word die man verdink van die moord nadat ‘n argument oor gesteelde drank tussen hom, die slagoffer en ‘n derde man uitgebreek het.
"In Junie vanjaar het drie mans by ‘n argument oor gesteelde drank betrokke geraak. Twee van die mans het toe die derde man met ‘n mes dood gesteek”, het Insp. Mlungisi Matidane gesê.
Volgens Matidane is dit die tweede persoon wat vir die moord in hegtenis geneem is.
Die eerste verdagte is in Junie vanjaar in hegtenis geneem en word steeds deur polisie aangehou. Die tweede man sal Donderdag op ‘n aanklagte van moord in die hof verskyn.
- Sapa