Man vas vir moord op stiefseun (2)
2010-12-07 14:33
Johannesburg - ‘n 24-jarige man is Dinsdag in Somerset-Wes in hegtenis geneem vir die moord op sy tweejarige stiefseun, het die Wes-Kaapse polisie gesê.
Die man is in Chris Nissan Park in hegtenis geneem na aanleiding van die dood van die tweejarige Ashwil Hendricks, het konst. Suzan Jantjies in ‘n verklaring gesê.
Die kleuter is verlede Vrydag dood in ‘n huis aangetref. Hy het wonde aan sy liggaam opgedoen, na bewering terwyl hy in sy stiefpa se sorg was.
‘n Nadoodse ondersoek het getoon hy is dood weens interne bloeding.
“Die stiefpa sal Donderdag in die landdroshof op Somerset-Wes verskyn op aanklag van moord.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA