Man vas vir moord op pa
2011-12-29 18:36
Johannesburg – ‘n Man is vroeg Donderdagoggend in Butterworth in hegtenis geneem nadat hy glo sy pa vermoor het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Kapt. Jackson Manatha het gesê die 26-jarige man is omstreeks 03:00 in hegtenis geneem.
Die man het sy 52-jarige pa glo met ‘n skerp voorwerp oor die kop geslaan ná ‘n onderonsie in die Ndotshanga-nedersetting, ongeveer 14:00 Woensdag. Die man is op die toneel dood.
Plaaslike inwoners het die polisie in kennis gestel, het Manatha gesê.
Die rede vir die onderonsie is onbekend.
Die man sal in die Butterworth-landdroshof verskyn sodra die polisie hul ondersoek voltooi het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA