Man vas vir KZN-boer se moord
2010-09-06 17:40
Durban – ‘n Boer is glo met sy eie geweer geskiet en doodgesteek in Cramond, Pietermaritzburg, het polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.
“Radash Anandlali, 51, se lyk is deur sy werkers by sy plaashuis gevind,” het kapt. Thulani Zwane gesê.
‘n Man, wat glo een van die slagoffer se werknemers was, is Sondag vir die moord in hegtenis geneem.
“Twee vuurwapens en klere wat aan die slagoffers behoort is by die man gevind.”
Die verdagte sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Pietermaritzburg verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA