Man vas oor vuurwapens, ammunisie
2010-04-04 10:19
Johannesburg - 'n 45-jarige man is in Worcester in hegtenis geneem ná plofstowwe, vuurwapens en ammunisie in sy besit gevind is.
Die man is die hoof van sekuriteit by die Worcester-landdroshof en is Donderdag in hegtenis geneem, het ao. November Filander gesê.
Hy het glo dié items in 'n stoorkamer by die hof aangehou.
"Die polisie het 'n wenk ontvang en plofstowwe, vuurwapens en ammunisie in die stoorkamer gevind."
Die man sal na verwagting Dinsdag op aanklag van diefstal en die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en plofstowwe in die Worcester-landdroshof verskyn.
– Sapa