Man vas oor kleuter se lyk in veld
2011-09-22 10:13
Kaapstad – 'n Man van Khayelitsha is in hegtenis geneem nadat die lyk van 'n vierjarige meisie vroeër vandeesmaand in die bosse gevind is.
Lviwe Speelman het op 12 September verdwyn en haar lyk is op 13 September deur ‘n inwoner van Endlovini in die bosse gevind.
Ao. November Filander, polisiewoordvoerder, het gesê die man is Dinsdagaand omstreeks 21:30 in 'n informele nedersetting in Philippi aangekeer.
"Die man was op pad na vriende toe hy in hegtenis geneem is. Hy is ingeneem vir ondervraging en later aangekla vir die ontvoering van die vermoorde vierjarige meisie."
Filander het gesê die omstandighede rondom sy betrokkenheid in die moord word ondersoek.
Die 25-jarige man verskyn Vrydag in die Khayelitsha-landdroshof op aanklag van ontvoering.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24