Man vas oor dagga, diamante

2011-03-04 14:05
Tweets Share Share line Print

Oos-Kaap – 'n 32-jarige man is in Nahoon in Oos-Londen in hegtenis geneem nadat dagga, ongeslypte diamante en goud in sy besit gevind is, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.

Kapt. Mluleki Mbi het gesê die man is omstreeks 01:30 in Beachweg vasgetrek met dagga.

"Terwyl die polisie besig was met die man, het 'n vrou uit die huis gekom en toe weer in die huis gehardloop toe sy die polisie sien," het hy gesê.

"Nadat daar vasgestel is dat die twee mekaar ken, het die polisie agterdogtig geraak en die vrou agtervolg. Ongeslypte diamante en goudkorrels wat meer as R1 miljoen beloop, is in die huis gevind."

Mbi het gesê die vrou is nie in hegtenis geneem nie, maar sal ondervra word.

Die polisie het ook beslag gelê op 'n faksmasjien, 'n drukker, skandeerdeer, twee rekenaars en vier lugdrukpompe.

"Dit is dalk gesteelde items en is sowat R80 000 werd."

Die man sal na verwagting op 7 Maart in die Oos-Londen-landdroshof verskyn.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.