Man vas na mislukte rooftog
2009-12-29 14:36
Johannesburg – Na bewering is ‘n 27-jarige man Dinsdagoggend in hegtenis geneem na ‘n mislukte transitorooftog by die Tsakane-winkelsentrum, het die polisie in die Oos-Rand gesê.
Volgens kapt. Petros Mabuza, polisiewoordvoerder, het die verdagte ‘n vuurwapen op die bestuurder van ‘n transitowa gerig tydens ‘n roetine stop by ‘n supermark.
Vier van die wagte was reeds binne die supermark.
Die bestuurder van die transitowa tesame met sekuriteitswagte van die winkelsentrum kon egter daarin slaag om die verdagte te keer.
Hy sal binnekort in die hof verskyn.
–Sapa