Man vas ná hy seun (4) verkrag
2011-02-16 12:24
Oos-Kaap – 'n 35-jarige man wat glo 'n vierjarige seun verkrag het, is in Keiskammahoek in hegtenis geneem, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die seun het saam met 'n groep vriende in Ntwaku gespeel en sy ma het bekommerd geraak toe hy nie teen 18:00 Dinsdagaand tuis was nie, het ao. Bradley Rowlinson gesê.
Die vrou het toe haar seun gaan soek, toe een van die inwoners gesê het sy het die seun by 'n huis in die gebied sien ingaan.
Toe die kind se ma by die huis ingaan, het sy gesien hoe die man haar kind verkrag.
Sy het die saak by die polisie aangemeld en die man is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA