Man vas ná hy polisieman klap
2011-09-25 14:56
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy ‘n polisiebeampte in Ikageng geslaan het, het die polisie in die Noordwes Sondag gesê.
Twee polisiebeamptes was Saterdag besig om roetine-patrollies te doen toe hulle op vier mans afgekom het wat in besit was van skrootmetaal, het ao. Sam Tselanyane gesê.
“Die beamptes het gestop om die mans te ondervra toe ‘n 29-jarige man nader gestap het en ‘n argument het tussen hom en die polisie uitgebreek.
“Die man het gevolglik een van die polisiebeamptes aangerand en hy het die polisieman met oop hande in die gesig geklap,” het hy gesê.
Hy is vir aanranding in hegtenis geneem en sal Maandag in die landdroshof op Potchefstroom verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA