Man vas ná hy glo tienerseuns verkrag
2012-02-08 14:33
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering twee tienerseuns by sy huis verkrag het, het die Katlehong-polisie Woensdag gesê.
Hy het glo die tienerseuns op 5 Februarie na sy huis in Siphamandla Moleleki, ‘n informele nedersetting oos van Johannesburg, geneem en hulle daar seksueel aangerand. Albei seuns is 16 jaar oud.
Die seuns het die voorval by ‘n vrou aangemeld. Daarna het sy die seuns na die Natalspruit-hospitaal geneem vir ‘n mediese ondersoek.
Die man is Dinsdag aangekeer.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA