Man vas ná hy glo tiener verkrag
2011-09-20 16:01
Johannesburg – 'n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo 'n 14-jarige meisie in Lenasia-Suid verkrag het, het die polisie Dinsdag gesê.
"Die meisie was op pad winkel toe, toe die 34-jarige man haar Maandag gryp," het ao. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, gesê.
"Hy het die meisie na 'n oop ruimte geneem en verkrag. Verbygangers het die voorval gesien en hom gegryp, waarna hulle die polisie gebel het."
Die man verskyn binnekort in die hof.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA