Man vas ná hy glo sy vrou verkrag, opkap
2011-10-06 17:03
Oos-Kaap – 'n Oos-Kaapse man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou verkrag, vermoor en toe haar lyk opgekap het, het die polisie Donderdag gesê.
Die man was drie jaar lank soek.
"Hy het na bewering sy 24-jarige vrou in Februarie 2008 in hul huis in die Ndevana-nedersetting verkrag en vermoor," het kapt. Ernest Sigboe gesê.
"Daar word verder beweer dat hy sy vrou se lyk met 'n byl in stukke opgekap, in 'n slaapsak gesit en die sak in 'n yskas gesit het."
Die 26-jarige man is Woensdagaand in die Potsdam-township naby Mdantsane in hegtenis geneem nadat hy uit Soweto gevlug het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA