Man vas ná hy glo eksmeisie ontvoer, verkrag
2011-10-26 12:06
Johannesburg – 'n Man is Woensdag in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksmeisie ontvoer en verkrag het, het die polisie gesê.
Die 28-jarige man het na bewering Dinsdag sy eksmeisie in 'n vervalle woonstel op die hoek van Kerk- en Endstraat verkrag, het ao. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, gesê
Die voorval het 16:30 plaasgevind.
Die 20-jarige vrou was by 'n taverne in die middestad toe haar gewese kêrel haar met 'n mes gedreig het om saam met hom te gaan.
Sy is verskeie kere verkrag tot sy ontsnap en die misdaad by die Johannesburg-Sentraal-polisiekantoor aangemeld het.
Die man sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA