Man vas na hy 211km/h jaag
2009-09-21 11:37
Johannesburg- ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sowat 211km/h op die N1 naby Grasmere in die suide van Johannesburg gejaag het, sê die polisie.
Volgens insp. Phindhani Tebeila, polisiewoordvoerder, het die voorval Sondag plaasgevind en is die verdagte in hegtenis geneem.
Nog ‘n man wat glo 155km/h gery het is op dieselfde dag in Beyers Nauderylaan vasgetrek. Beide mans het reeds in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.
Dit kom na ‘n weeklange veldtog deur die polisie. Nog vier persone is aangehou vir dronkbestuur en ‘n verdere 33 vir roekelose en nalatige bestuur.
–Sapa