Man van Noordwes verkrag glo stiefdogter
2011-12-27 14:40
Johannesburg – 'n Tienjarige meisie is na bewering Dinsdag deur haar stiefpa in Thomeng naby Taung verkrag, het die polisie in die Noordwes gesê.
Konst. Sam Tselanyane het gesê die meisie was ongeveer 03:30 aan die slaap in die kombuis toe haar stiefpa haar genader het.
Tselanyane het gesê die meisie se ma, wat in haar slaapkamer was, het haar dogter hoor gil, en het besluit om ondersoek in te stel.
Die kind het verduidelik dat haar stiefpa haar klere uitgetrek het en haar verkrag het.
Die polisie is ontbied en die 32-jarige man is in hegtenis geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA