Man van Bloem steeds vermis

2011-10-07 08:11
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfontein – Die familie van ’n vermiste Bloemfonteiner het hom al vergeefs by hospitale en lykshuise gaan soek.

Isak “Sakkie” Jacobus Nienaber (52), oorspronklik van Harrismith, is Dinsdag omstreeks 23:30 die laaste keer by die kuierplek Die Dekke in Curielaan, Bloemfontein, gesien.

“My enigste gebed is om hom te kry. Die onsekerheid maak ons mal,” sê sy dogter Annette Botha.

Haar pa het volgens ooggetuies, toe hy klaar by die Die Dekke gekuier het, in sy swart Volkswagen Citi Golf (2008) met registrasienommer DMJ757FS geklim en weggery.

Botha sê hy was vermoedelik op pad huis toe, maar het nooit daar aangekom nie.

Hy het die motor vroeër in ’n kompetisie van die Spar-winkelgroep gewen.

Nienaber het sowat drie maande gelede van Harrismith na die stad verhuis nadat hy by Free State Transformers in Bloemfontein werk gekry het. Botha sê hy was nagenoeg ’n jaar lank werkloos.

Nienaber bly by sy dogter en haar gesin in Fauna.

Sy het Woensdagoggend wakker geword en gesien die ligte, wat sy vir haar pa aangelos het, brand nog en sy bed is steeds netjies opgemaak.

Sy dogter en haar gesin sou Woensdag met vakansie na Durban vertrek, maar bly nou tuis om na Nienaber te soek. Sy ander dogter, Renette Nienaber, sou saam met ’n vriendin na die Aardklop-kunstefees gegaan het, maar het ook gebly.

Sy familie is al met foto’s van hom na hospitale en lykshuise, maar sonder enige sukses. Hy is as vermis by die polisie aangemeld en pamflette waarop sy gesig is, is na polisiekantore in die Vrystaat gefaks.

Teen druktyd Donderdagaand was Nienaber steeds soek.

“Ek wil net weet waar hy is en of hy oukei is,” sê Botha.

Sy sê haar pa het ’n wonderlike sin vir humor en hou daarvan om met mense te gesels. “Hy is lief daarvoor om karre op te bou en is goed met sy hande.”

Enigiemand wat Botha en haar suster kan help om hul pa op te spoor, kan hulle by 083-669-5089 of 073-295-0930 bel.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: vermiste mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.