Man val twee verdiepings ver na sy dood
2012-01-17 18:58
Johannesburg – ‘n Man het Dinsdagmiddag gesterf nadat hy twee verdiepings ver geval het van ‘n gebou in Westville, Durban, af, het paramedici gesê.
Die man, wat vermoedelik in sy laat 50’s is, het van die dak af geval, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
“Hy het op die beton geland en was in ‘n kritieke toestand. Paramedici het probeer om sy lewe te red, maar hy het aan sy beserings beswyk.”
Dit is nie seker wat daartoe gelei het dat die man geval het nie. Ander mense in die gebou is vir skok behandel.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA