Man val hom dood van krans af
2011-08-29 19:59
Johannesburg – ‘n Man het 150 meter ver na sy dood geval van ‘n krans af in Nsuze, KwaZulu-Natal, het paramedici Maandag gesê.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, is die lyk Sondagmiddag deur inwoners gevind, maar kon weens slegte weer nie teruggekry word nie.
Die lyk is Maandag in ‘n operasie van twee ure teruggekry – ‘n week nadat die man vermis geraak het.
Die polisie ondersoek sy dood.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA