Man uit bakkie geslinger, sterf
2011-12-27 10:34
Kroonstad – Die bestuurder van 'n bakkie is dood en sy passassier ernstig beseer toe die voertuig naby Kroonstad in die Vrystaat omgeslaan en gerol het, het paramedici Dinsdag gesê.
Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê die bakkie het Maandag op 'n grondpad naby die R721 omgeslaan en 'n paar keer gerol.
Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en omgeslaan het. Hy is uit die bakkie geslinger toe dit gerol het, en is later op die toneel dood.
Sy passassier was in 'n ernstige toestand en is per ambulans na die Boitumelo-staatshospitaal vir behandeling geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA