Man tydens Casino-rooftog geskiet
2010-08-12 10:00
Durban – ‘n Man is gewond tydens ‘n rooftog by die Sibaya-casino in Durban, het die polisie in Johannesburg Donderdag gesê.
Volgens kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het ses gewapende mans die casino Woensdagaand omstreeks 21:15 binnegestorm.
Die verdagtes het die casino-personeel in die geldkluis aangehou en met ‘n onbekende bedrag geld van die toneel gevlug.
“Daar was drie voertuie wat vir die verdagtes in die parkeerarea gewag het. Terwyl hul weggejaag het, het die verdagtes op ‘n man in sy motor geskiet.”
Na bewering het die slagoffer in die gesig en maag geskiet.
“Die polisie het na die CCTV-beeldmateriaal gekyk en ondersoek die saak. Ons is op hulle spoor,” het Naicker gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA