Man sterf, vrou beseer toe motor rol
2011-12-26 12:36
Pietermaritzburg – 'n Man is dood en 'n vrou beseer na hulle motor op Boschoffstraat in Pietermaritzburg omgeslaan en herhaaldelik gerol het, het paramedici Maandag gesê.
Dit wil voorkom of 'n meganiese probleem met die motor veroorsaak het dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het, het Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.
Die ongeluk het laat Saterdagaand plaasgevind. Die man is uit die motor geslinger, en die vrou het uit die voertuig geklim ná dit tot stilstand gekom het.
Paramedici het die vrou in 'n stabiele toestand gevind, het Wicks gesê. Die man het egter kritieke beserings opgedoen.
Albei is na 'n hospitaal geneem, waar die man later dood is.
Die polisie ondersoek die voorval.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA