Man sterf, vrou beseer in bromponie-ongeluk
2011-10-30 10:12
Johannesburg – ‘n Man is dood en ‘n vroulike passasier is in ‘n kritieke toestand nadat hul bromponie Sondagoggend met ‘n bakkie in Bloemfontein gebots het, het nooddienswerkers in die Vrystaat gesê.
Die bromponie het kort ná middernag op DF Malherbe-laan gery toe dit getref is, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
Die bestuurder van die bromponie is op die toneel dood en die passasier is na ‘n hospitaal geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA