Man sterf voor trein
2010-05-27 11:07
Johannesburg – ‘n Man is Donderdagoggend dood nadat ‘n trein hom raakgery het naby die Du Toit-stasie in Stellenbosch, het paramedici in die Wes-Kaap gesê.
“Die man is omstreeks 07:00 onder die trein gevind. Met paramedici se aankoms op die toneel was hy reeds dood,” het Tristan Wadeley, ER24-woordvoerder, gesê.
“Die vroulike bestuurder van die trein is na die hospitaal geneem met emosionele trauma,” het Wadeley gesê.
Die voorval word deur die polisie ondersoek.
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.