Man sterf, vier beseer ná bakkie omslaan
2011-11-18 10:07
Durban – 'n Man is dood en vier ander beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Vrydag op die N3 buite Durban omgeslaan het, het paramedici gesê.
Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en gerol het, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.
Paramedici het een mens onder die wrak van die bakkie uitgehaal.
"Die beseerdes het op wal gesit," het Banks gesê.
Hulle is na 'n nabygeleë hospitaal geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA