Man sterf tydens buffel-aanval
2010-07-13 03:15
Oos-Kaap – ‘n Bejaarde man is Maandag buite Cradock deur ‘n buffel dood gegaffel, het Oos-Kaapse polisie gesê.
Die man (62) is in die Bergkwagga- Nasionale Park net buite Cradock deur die buffel gegaffel.
“Die man, Johann Schmidt, en sy vrou Marié was saam met twee vriende op ‘n staproete in die park toe hulle aangeval is. Schmidt is oorlede en twee ander mense het beserings opgedoen,” het kapt. Stefanie Smith gesê.
Die voorval het glo kort ná 11:00 op die Imbila-voetslaanpad naby die hoofkamp plaasgevind.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA