Man sterf, twee beseer in ongeluk
2012-01-18 13:00
Johannesburg – Een man is dood en twee ander het beserings opgedoen in ‘n ongeluk op die Goue Hoofweg in Vanderbijlpark, het paramedici Woensdag gesê.
“Paramedici het ‘n manlike bestuurder in die Land Rover gevind. Die man, wat in sy dertigs is, het verskeie kritieke beserings opgedoen en is later op die toneel dood verklaar,” het Andre Visser van ER24 gesê.
Visser het gesê die insittendes van ‘n bakkie, ‘n pa en sy seun, het beide rug- en nekbeserings opgedoen in die ongeluk wat kort voor middernag plaasgevind het.
Paramedici het die mans op die toneel gestabiliseer voordat hulle na die Vereeniging Medikliniek geneem is.
Plaaslike polisie was op die toneel en sal die ongeluk verder ondersoek, het Visser gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA