Man sterf toe motor boom tref
2010-07-06 00:02
Johannesburg – ‘n 39-jarige man is Maandag dood en nog ‘n persoon beseer toe die motor waarin hulle gery het teen ‘n boom in Westonaria gebots het, het die polisie gesê.
Volgens konst. Linkie Lefakane, polisiewoordvoerder, het die mans op die N12 gery onderweg na Westonaria toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n boom vasgery het.
Die motor het kort daarna aan die brand geslaan.
‘n Passasier, wat ook in die motor was, is na ‘n naby geleë hospitaal geneem vir behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA