Man sterf toe hy twee agtervolg ná inbraak

2010-08-24 08:35
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) is Maandagoggend tydens ’n skietery met inbrekers by Rietfontein aan die Wes-Rand doodgeskiet.

Een van die misdadigers is gewond en is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Volgens kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het Theo de Jager (43) omstreeks 10:00 gesien hoe twee mans ’n huis op ’n kleinhoewe verlaat.

Toe hy ondersoek gaan instel, het hy agtergekom daar was ’n huisbraak.

“Hy het die verdagtes agtervolg en ’n skietery het uitgebreek. Hy is in die kop getref en het later in ’n kliniek aan sy wond beswyk,” het Ernst gesê.

Die vermeende rower is in die been gewond en na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Volgens Jorncy Page, voorsitter van die Muldersdrift-GPF, is De Jager se dood ’n tragiese verlies vir die GPF en die gemeenskap.

“Hy was altyd ’n aktiewe lid van die gemeenskap behalwe vir die laaste paar jaar.

Hy het hard gewerk om die gemeenskap te beveilig en sy dood is ’n verlies vir almal.

“Wanneer gaan die regering die probleem van misdaad ernstig opneem?

Wanneer gaan hulle begin werk skep vir mense, want dit help nie jy sluit almal toe nie.

Skep werk en mense sal nie ander maniere kry om te oorleef nie.”

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.