Man sterf toe hy mortierbom met hamer slaan
2011-01-25 23:00
Johannesburg - ‘n 47-jarige werker by ‘n skrootmetaalonderneming in Benoni is dood toe hy ‘n mortierbom met ‘n hamer geslaan en dit ontplof het, het die Gautengse polisie Dinsdag gesê.
Die man het blykbaar Dinsdagmiddag met metaal by die besigheid in Actonville gewerk. Hy het blykbaar die toestal gevat, dit warm gemaak met ‘n blaaspyp en dit toe met ‘n hamer geslaan, het kapt. Pinky Tsinyane gesê.
Sy het gesê die toestel het ontplof en kartetse het sy bolyf getref. Hy het onmiddellik gesterf. Niemand anders is beseer nie.
Die maatskappy het skrootmetaal by die publiek aangekoop om te sny en te herverkoop. ‘n Mortierbom was glo in ‘n hoop metaal wat afgelewer is.
Ondersoeke duur voort.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA