Man sterf, talle dakloos ná brand
2011-09-07 16:37
Johannesburg – 'n Man is dood en talle ander is dakloos gelaat ná 'n brand in 'n informele nedersetting in Denver, het die Johannesburgse nooddienste Woensdag gesê.
Minstens 50 plakkershutte in die Mangogolo-informele nedersetting is verwoes, het Synock Matobako, woordvoerder, gesê.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA