Man sterf oor speelgeweer
2010-02-17 05:51
Johannesburg - Die polisie het 'n man wat met 'n speelgoedgeweer gewapen was, doodgeskiet ná hy geweier het om homself oor te gee.
Kapt. Jackson Manatha, 'n polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het 'n verdagte man in 'n donker gebied gesien en hom beveel om sy hande op te lig sodat hulle hom kon deursoek.
Die man het toe die "vuurwapen" uitgepluk en op hulle afgestorm.
Die polisie het die man geskiet en uitgevind dat dit 'n speelgoedwapen is.
Die voorval het omstreeks 23:00 gebeur.
'n Nadoodse ondersoek sou gelas word.
– Sapa