Man sterf ná vragmotors bots
2011-12-20 18:15
Durban – 'n Man is dood en nóg 'n man ernstig beseer nadat twee vragmotors naby Hammarsdale in KwaZulu-Natal gebots het, het paramedici gesê.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van een van die vragmotors het waarskynlik beheer oor die voertuig en van agter teen 'n ander vragmotor gebots.
Die ongeluk het omstreeks 15:00 op die N3 plaasgevind.
'n Insittende in die voorste vragmotor is op die toneel dood. Nóg 'n manlike passasier van dieselfde voertuig het ernstige beserings opgedoen.
Die beseerde man is na 'n plaaslike hospitaal geneem.
Die bestuurders van die vragmotors is nie in die ongeluk beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA