Man sterf ná vragmotor, motor bots
2011-09-21 10:12
Johannesburg – 'n Man is dood en vier ander mense beseer nadat 'n vragmotor in Roodepoort, Gauteng teen 'n motor gebots het, het paramedici Woensdag gesê.
Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, het gesê die vragmotor het teen die motor gebots, waarna albei motors die pad verlaat het.
Die bestuurder van die motor is voor paramedici se aankoms op die toneel dood.
Al vier insittendes in die motor is beseer. Twee insittendes het kritieke beserings opgedoen en is na die Leratong-hospitaal geneem.
Die vragmotorbestuurder is nie beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA