Man sterf ná trein hom tref
2012-01-17 18:01
Kaapstad – ‘n Man het Dinsdag gesterf nadat hy deur ‘n trein getref is by die Sarepta-treinstasie in Bellville, Kaapstad, het paramedici gesê.
Hy het in die gaping tussen twee waens ingeval en op die spoor geland. Sy regtervoet is afgesny en sy linkerbeen is gebreek toe die trein oor hom gery het, het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
Hy is na ‘n hospitaal geneem, waar hy kort ná aankoms gesterf het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA