Man sterf ná tiener sonder rybewys ry
2011-12-25 14:45
Noordwes – 'n Man is dood en ses ander beseer nadat 'n bakkie, wat deur 'n 17-jarige jeugdige gery is, teen 'n ander voertuig naby Majakaneng buite Brits gebots het, het 'n beampte gesê.
Die tiener het 'n ander motor verbygesteek en na sy regterkant beweeg toe hy 'n aankomende voertuig op die R104 sien, het Lesiba Kgwele, woordvoerder van die departement van gemeenskapveiligheid, gesê.
Die ongeluk het omstreeks 06:00 plaasgevind.
"Hy (die tiener) het beheer oor die voertuig verloor waarna dit teen 'n stilstaande motor gebots en omgeslaan het," het Kgwele gesê.
Volgens Kgwele het die tiener sonder 'n rybewys bestuur, maar hy is nog nie in hegtenis geneem nie.
'n Saak van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA