Man sterf ná motor teen boom bots
2011-12-16 11:30
Johannesburg – 'n Man is dood en twee ander beseer nadat die motor waarin hulle gery het teen 'n boom in Aerodomeweg in Benoni gebots het, het paramedici Vrydag gesê.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê die man is Donderdagaand op die toneel dood verklaar.
Banks het gesê die twee ander insittendes van die voertuig is op die toneel vir ligte beserings behandel en na 'n hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA