Man sterf ná hy van krans af val
2011-10-13 23:03
Johannesburg – ‘n Man het Donderdag gesterf toe hy 100 meter ver van ‘n krans af geval het by Quarry Heights in KwaMashu, KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.
Dit is nie duidelik hoe dit gekom het dat die man van die krans af geval het nie, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die polisie en paramedici moes ‘n stelsel toue aanmekaarsit om paramedici tot onder by die man te kry.
Hy het egter gesterf teen die tyd dat die paramedici hom bereik het.
Volgens Botha het dit twee ure geneem om die lyk weer bo-aan die krans te kry.
Die polisie stel ondersoek in.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA