Man sterf ná gemeenskap hom aanrand oor diefstal
2012-01-05 10:39
Johannesburg – ‘n Twintigjarige man is in die Lebowakgomo-hospitaal dood nadat hy deur ‘n groep mense wat hom van diefstal by ‘n winkel beskuldig het geslaan en aangeval is, het die polisie in Limpopo Donderdag gesê.
Dumi Phasha is Dinsdag kort voor middernag erg geslaan deur lede van die gemeenskap by ‘n winkel in Tsoaing in Ga-Mphahlele, het kapt. Mamphaswa Seabi in in ‘n verklaring gesê.
Die man is na die hospitaal geneem, maar hy is omstreeks 08:00 Woensdagoggend dood.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord, het Seabi gesê.
“As die polisie wil ons ons gemeenskappe aanmoedig om nie die reg in eie hande te neem nie, maar om verdagtes vas te trek totdat die polisie opdaag,” het hy gesê.
Niemand is oornag in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA