Man sterf in vragmotor-ongeluk
2010-10-08 15:24
Johannesburg - 'n Man is Vrydag dood in 'n ongeluk tussen twee motors en 'n vragmotor in Marlboro-rylaan, het die Johannesburgse metropolisie gesê.
Hoofsupt. Wayne Minnaar het gesê die ongeluk word ondersoek.
Die man was in een van die motors toe die ongeluk omstreeks 03:00 plaasgevind het.
"Verkeer was erg ontwrig as gevolg van die ongeluk. Die pad is vir verkeer gesluit en voertuie moes alternatiewe roetes gebruik," het Minnaar gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA